#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie

Loading player...
Die wêreldwye 16dae van aktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons vanoggend by die polisiemanne en -vroue van Lyttleton Polisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen met presies dit waarteen ons opstaan. En hulle raak ook moedeloos omdat daar so baie slagoffers is en die persone wat moet help en die hulpmiddele soos plekke van veiligheid, is te min. Hulle waarneming van hoe die hoeveelheid aanmeldings van slagoffers toeneem tydens die 16 dae teenoor die res van die jaar, sê iets van ‘n veldtog wat help om die stilte te breek…

Adjudant offisier, Coenie de Beer wat betrokke is by gemeenskapmisdaadvoorkoming en sy span het besluit om met ‘n gebaar van liefde en omgee ‘n stukkie sagtheid te bring teen die hardheid en gebrokenheid van ons gemeenskap waarmee hulle dag tot dag gekonfronteer word. Hulle het met groot moeite en spesiale detail bederfpakkies vir die kinders van Ki-deo opgemaak waarvoor ons vriende van SPAR ‘n duisend rand se toiletware bygedrae het. Hierdie kinders kom almal uit haglike omstandighede. Die huisouers, Hein en Theresa Geldenhuys wou juis wegbreek van die tipiese stelsel waar kinders soos ‘n “probleem” heen en weer rondgeskuif word en het toe 13 jaar gelede saam met hulle eie drie kinders in ‘n huis ingetrek. Binne twee weke was daar 11 kinders wat vir die eerste keer ‘n stabiele, liefdevolle huis en ‘n gesin om aan te behoort, leer ken het.
27 Nov 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min