#JouMensEMyMense- Opleiding vir Juffrouens in Plastic City

Loading player...
Met die tot standkoming van Plastic City/Plastic View of Woodlane Villiage op die 8 hektaar stuk grond agter Moreleta Gemeente in 2009, was daar 3000 geregistreerde inwoners en 865 shacks. Maar terwyl hofsake oor wat om met hierdie mense te doen 10 jaar later steeds voortsleep, het die getal inwoners tot 7000 gegroei. Daar is slegs 4 water tenks en 1 toilet vir elkeen van die 33 “strate” – 212 mense per toilet.

Sanet Fagan van SA Cares for Life het met haar eerste besoek aan Plastic City by die mense in hulle plastiekhuisies gaan sit om te hoor wat die grootste behoefte is. “Veiligheid vir ons vrouens en kinders en ‘n skool” was hulle baie basiese versoek.

Die kinders het nie gekies om in hierdie haglike omstandighede tussen berge rommel en vuil rioolwater, groot te word nie. Dis by hulle wat ons lê en daarom het GROOTfm 90.5 en van ons vriende en vennote die afgelope jaar begin BOU aan ‘n container skool (voorskoolse ontwikkelingsentrum) vir Plastic City. Ons BOU verder op die bydraes van soveel ander mense voor ons en ons BOU al is die planne nog nie perfek uitgewerk nie, maar ons moes BEGIN voor nog 10 jaar se heen-en-weer gesprekke verby gaan. SPAR was daar toe ons laas jaar die containers begin verf het en vandag is hulle weer hier as nog ‘n deel van ons droom BEGIN…

Ons kuier vanoggend by Moreleta Gemeente waar die 20 juffrouens wat uit die gemeenskap identifiseer is, met hulle opleiding begin. Geakkrediteerde opleiding in samewerking met Judea Hope wat reeds die afgelope 20 jaar kerke in die kenmerklike blou en wit tente plant en dan skooltjies in daardie gemeenskappe begin.

As jy die eerste keer in Plastic City kom wil jy amper net vlug, om net eers ‘n vatplek te kan kry van waar om te BEGIN. Ons het die kinders gekies as ‘n BEGINpunt en al voel ons betrokkenheid en ons werk van die afgelope jaar, hoe gering en min, is dit deel van ‘n oplossing en dis baie meer werd as die sit en wag om te kyk of die “probleem” nie maar vanself wil weggaan nie
12 Feb 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min