HOOPstoot vir Flippie op GoeieNuusVrydag

Loading player...
#GoeieNuusVrydag - Flippie se oogoperasie
Flippie en Cornelia se storie en die dringende oogoperasie wat nodig is, het soveel harte aangeraak dat verskillende mense na ons #JouMenseMyMense projek een vir een 'n bydrae wou maak... Mense van sover as Mosselbaai en iemand wat self op R50 'n dag leef wou almal help om die laaste R26 348 wat nodig was na die aanvanklike R100 000 doelwit, bymekaar te kry. Teen die 1ste Maart, 13:30 was R15 750 reeds inbetaal - en ons sê baie, baie dankie aan elkeen van julle - en net voor 4pm het Marlo Boonzaaier en Engela Wissing van Vision Properties by ons in die ateljee kom gekuier met die goeie nuus dat hulle die balans (en so bietjie ekstra!) sal betaal! Selfs daarna het nog van ons luisteraars ingebel om te sê hulle wil ook deel wees van hierdie #HOOPstoot! Dankie, Vision Properties, dat julle die geskenk van "visie" vir Flippie help moontlik maak vir sy verjaarsdag op die 15de Maart!
1 Mar 2019 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2PM 32 min

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min