#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

Loading player...
Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang die siekte het teruggekom. Destyds was hy vir 11 dae in die hospitaal, maar het volkome herstel. Sy ouers het hom na Pretoria-Wes hospitaal geneem. Die dokters het gesê dis moontlik net ‘n sterk griep en het hom huis toe gestuur met pynmedikasie. Teen die volgende oggend was Giovanni heeltemal verlam. Hy kon net sy ooglede beweeg. Sy ouers het ‘n ambulans ontbied wat hom eers Pretoria-Wes hospitaal toe geneem, maar later die dag is hy oorgeplaas na Kalafong waar hy nou al 22 dae in die hoësorgeenheid gekoppel aan ‘n suurstofmasjien lê. Na soveel toetse en selfs nuwe medikasie, weet die dokters steeds nie wat fout is met hom nie.

Ons het by Giovanni se ouers, Giani en Elize by hulle huis in Danville gaan kuier voor die dag se eerste besoektyd om 11 uur. Giani se foon bly besig. “Daar is soveel mense wat saam met ons bid. Die een dogter (18) stuur haar gebede as stemboodskappe. Daar was ook ‘n video van die matrieks wat op die sementblad van die skool kniel om saam vir hom te bid en ‘n ander vriend wat van Giovanni gedroom het en hom toe opspoor na soveel jare. Ons kan sien hoe die Here hierdie gebruik. Maar Sy tyd is nie ons tyd nie.” Elize vertel van haar hegte band met haar seun en hoe hy met sy oë kommunikeer. Oë wat soms net ‘n traan aan die kant laat uitrol. Giovanni het seer.

Die gesin het nie ‘n mediesefonds nie en probeer oor die weg kom met een voertuig wat ook nog in hierdie tyd gestamp is. Elize ry deur die stad met 2 busse en ‘n taxi om betyds te kan wees vir besoektyd. Giani is ‘n loodgieter, maar kon nog nie een dag werk van die 25ste Februarie af nie.
19 Mar 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min