#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

Loading player...
Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat haar goed ken sal weet, die laaste 7 jaar het aan haar lyf gevat…

Dit het begin by haar man wat sy tot die dag van sy dood in September 2012 tuis versorg het. Hy het Alzheimers gehad en nie meer geweet wie sy is nie, maar sy het alles vir hom gedoen. Vyf jaar later – ook in September, is haar oudste seun Gerhard oorlede aan ‘n hartaanval. Hy het ‘n vergrote hart gehad en ook hom het sy tuis versorg tot 2 dae voor sy dood.

Vandag woon haar twee dogters by haar. Cornel wat blind is, het haar werk verloor in 2010 en haar jonger sus, Carien is April laas jaar met ‘n aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer. Carien is ‘n gekwalifiseerde verpleegster wat self met kankerpasiënte gewerk het. Sy het aanvanklik vir die chemo-behandeling gegaan, maar dit het haar so siek gemaak dat sy besluit het om die behandeling te stop om eerder kwaliteit tyd met haar familie deur te bring. Ook hulle jongste boetie, MJ het al prostaatkanker gehad en kry epileptiese aanvalle as gevolg van die blasie op sy brein en ousus Wilna het Desember gehoor haar man se werk verplaas hulle oorsee.
26 Mar 2019 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min