#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort

Loading player...
“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan ander ook haar eie ‘n selfwaarde hier ontdek het. Tussen 140 en 150 mense sal vanmiddag vier uur van haar gekookte kos kom eet.
“Weerlose mense, bejaardes, enkelmammas, persone met gestremdhede en veral kinders,” is Cathy se antwoord toe ons vra wie almal genooi is vir ete elke dag. “Maar ons sal eers saam Bybel lees en bid voor ons eet, sommer so op ons skote, want ons het nie regtig genoeg plek vir almal nie.”
Cathy van Rensburg het in die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom grootgeword. Later sou sy van ‘n wendy huisie af na hierdie huis in Elandspoort verhuis waar ons vanoggend om ‘n tafeltjie in die kombuis by haar kuier. Sy vertel van die swaarkry wat sy al aan haar eie lyf gevoel het en hoekom sy in 2006 besluit het om ‘n verskil te maak. Vandag is haar eenvoudige doel eintlik nog dieselfde as 13 jaar gelede: geen kind mag ooit honger gaan slaap nie, tieners moet vir hulleself ‘n toekoms kan skep en ouers moet leer om vir hulle eie kinders te sorg.
2 Apr 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min