#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie

Loading player...
Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt kan bestuur, maar hy’t nie ‘n lisensie nie. Daar is nie geld om nou vir ‘n lisensie te gaan nie, maar dis ook ‘n groot rede hoekom hy sukkel om werk te kry.

Sonder Melt se inkomste het die huur elke maand ‘n bietjie agter geraak tot waar hulle moontlik nou hulle blyplek kan verloor. Drika se ma bly ook by hulle na haar pa drie jaar gelede oorlede is. Sy is ‘n diabeet en sukkel om werk, maar ook pensioen te kry. Drika en Melt se suster en broers sukkel self om kop bo water te hou en sorg boonop self vir ander familie wat ook sieklik is. Nie een van hulle is in staat om te help nie.

Hierdie beskrywing van Drika en Melt se omstandighede van sukkel, val en opstaan, foute maak, dalk selfs slegte keuses iewers tussen in, weer probeer en weer val tot waar jou briefie begin met “ek voel soos ‘n mislukking” en ‘n whatsapp profile prentjie wat lees “I give up” is verseker nie uniek tot hierdie 2 mense nie en die gevaar is dat ons vir mekaar sê: “ons kan nie hier help nie, want dis die pleidooi van hoeveel ander in ons stad…”

Ons kan verseker nie almal help nie, maar vandag het nie vir ons oor Drika en Melt gegaan nie. Dit het gegaan oor hulle 6-jarige seuntjie in Graad 1 wat ten spyte van die afgelope paar dae se skielike koue in Pretoria met ‘n kort broekie moes skool toe gaan – kaal voete moes skool toe stap. En ‘n mens wonder waar pas hierdie seuntjie se behoeftes in? Tel hy ook as een van die 80 broodjiekinders by sy skool al het sy ma ‘n werk? Want in hierdie geval is “werk” nie genoeg nie! Na die huur, water en ligte en skoolfonds betaal is, is hulle gesin reeds in die rooi. Daar is nie geld vir kos nie en daar is ook nie enige kos in hulle huis nie.
9 Apr 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!
23 Feb 1AM 18 min

Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die…
9 Dec 2024 3AM 28 min

Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir…
18 Nov 2024 6AM 39 min

Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te…
26 May 2024 1PM 35 min

Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.
27 May 2024 9AM 27 min