André Swiegers kuier in Gister Se Grotes

Loading player...
André Swiegers het in 1990 sy deurbraak as liedjieskrywer gemaak, nadat Laurika Rauch sy liedjie “Blou” opgeneem en dit trefferstatus bereik het. As sanger is hy bekend vir liedjies soos “Eva” en die tong-in-die-kies treffer “Jammer om te hoor”. Maar dis nie waar sy loopbaan begin en eindig nie. Hy het as kunstenaar diep spore getrap op verskeie terreine. Hy is vandag ons gas in Gister Se Grotes en ons gaan uitvind uit watter ander kleure, behalwe blou, sy lewe en loopbaan bestaan.
7 Apr 2019 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min