#JouMenseMyMense – 16 April 2019 – Oom Danie en Sungardens Hospice

Loading player...
“Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice is.”

Op 28 Januarie 2019 het Danie sy pa by die lughawe gaan aflaai om in Namibië by Danie se broer te gaan kuier. Twee weke later toe hy terugkom, was hy heeltemal verlam aan sy linkerkant en in ‘n rolstoel. Oom Danie is op 25 Februarie met breinkanker gediagnoseer en huis toe gestuur, want hulle kon niks vir hom doen nie. Danie het daai aand al met Sungardens Hospice kontak gemaak en van dag een af het dit gevoel soos familie - die gereelde oproepe om te hoor hoe dit met sy pa gaan en Suster Christa wat elke week by die huis vir Oom Danie gaan kuier het en dan sommer ‘n uur lank net rustig met hom gesit en gesels het…

Saterdag 6 April is Oom Danie by Hospice opgeneem en terwyl Tannie Annalie elke oomblik van die dag langs sy bed was, het sy hierdie “engele sonder vlerke” van nog nader leer ken. Hulle vra niks. Dien en gee en voorsien net in elke behoefte wat hulle raaksien en altyd met ‘n glimlag. Danie het ‘n foto geneem van Hospice se wenslysie in die voorportaal om te kyk hoe hy hierdie mense kan help wat sy mense so mooi help en versorg. Sondagoggend 02:48 stuur Lindie vir Danie ‘n boodskap: “Ek voel ons moet al hierdie Dinsdag by jou pa gaan kuier.” Later die oggend kom Danie se whatsapp deur: “My pa is vanoggend 05:30 oorlede, maar ek en my ma sal steeds graag wil gaan dankie sê…”

So vanoggend was ‘n emosionele “dankie sê” saam met Danie en sy ma, Annalie, vir “engele sonder vlerke” se liefde sonder einde vir hulle pa en man tot op die einde... Sommer daar in een van die kamers waar soveel ander soos Oom Danie oor die afgelope 32 jaar versorg is, praat ons deur die trane oor ongemaklike woorde soos kanker, terminaal siek en dood.
16 Apr 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min