Min Shaw kuier in Gister Se Grotes

Loading player...
In die boek 50 Stemme (Die grootste name in Afrikaanse musiek) skryf Ilza Roggeband dat Min Shaw op haar dag die grootste ster in Suid-Afrika was. “Met die een trefferplaat na die ander en rolle in van die gewildste Afrikaanse flieks ooit, was sy ‘n huishoudelike naam.” Daarom is dit veilig om te sê Min Shaw is baie meer as net Min die minnesangeres. Haar veelsydige loopbaan, spontaniteit en lewensblye uitkyk op die lewe maak vandag steeds van haar ‘n liefling onder aanhangers en haar lewe is gesaai met soveel hoogtepunte dat sy dit in ‘n boek van haar eie kon vaslê.
Ons het vinnig by haar ingepop, waar sy haar boek Sprokie van ‘n Liefling deur Shaun Andrew Mynhardt by die Hollywood Klein Teater in Krugersdorp vrygestel het.
14 Apr 2019 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min