#JouMenseMyMense saam met SPAR – 30 April 2019 – Huis Gracia se ma van vele

Loading player...
“Ek was ‘n nommer, ‘n bed en ‘n bord kos,” beskryf een dogter haar kinderhuis lewe voor sy by Huis Gracia, ‘n plek van veiligheid in die noorde van Pretoria kom bly het. Vir baie ander soos sy, was dit ‘n laaste uitweg en kans. Net 12 van die 82 kinders het enige kontak met enige familie, maar hier word vreemd-vir-mekaar kinders wat ook elkeen deur ‘n hofbevel met ‘n tas vol seer en verniel by die deur afgelaai is, soos boeties en sussies.

“Ons praat nooit weer oor wat agter is nie,” verduidelik huisma Trudie terwyl ons saam met haar en sus Lizet, Katie en die res van die span om die kombuistafel kuier. ‘n Groep van die kinders is ook by die huis, want die bus het nie opgedaag nie. Hulle gaan na die verste een van die 7 skole. Die res is meeste binne loopafstand van die verskillende hoër- en laerskole.

“Ons wil hê ons kinders moet sover moontlik aan alles by die skool deelneem, van sport en revue, spreekkoor en redenaars.” En hulle presteer! Hier is leiers, twee top 10 leerlinge en in 2018 het 40 van die kinders Gauteng-Noord ringbal gespeel behalwe nog die 14 wat op die ou end vir die Suid-Afrikaanse span gekies is!
30 Apr 2019 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min