#JouMenseMyMense 7 Mei 2019 - SPAR en COSMO Industrial versorg-die-versorgers

Loading player...
“My oom Loeks van Niewenhuizen en my tannie het hier by Huis Silversig gebly. My Tannie het 10 jaar voor dit ‘n beroerte gehad en sy kon nie praat nie. Toe my oom op sy einde was, het hulle my laat weet om te kom. Ek het hier by hom gesit en gesien hoe hulle hom versorg. Daai laaste 2, 3 ure voor hy oorlede is... hoe mooi hulle met hom gewerk het. Hulle het ‘n ander talent. Dit was vir my baie spesiaal...”

Hierdie woorde van Cosmo Industrial se CEO, Pierre van Niewenhuizen, verklap dalk die rede hoekom hy en sy span al in 2018 betrokke geraak het by Huis Silversig wat letterlik 700 meter van Cosmo se voordeur af is. Hier word 118 meestal verswakte ouer persone wat net ‘n SASSA pensioen kry, versorg. Ons het die afgelope 4 jaar deur verskillende projekte wat ons saam aangepak het, Cosmo se hart vir hulle plaaslike gemeenskap leer ken en laas jaar is die fondse van hulle Cosmo Run 2017 gebruik om by te dra vir een van die inwoners, Hennie (61) se elektriese rolstoel. “Ek het toe al besluit ons moet terugkom en iets vir die versorgers doen,” vertel Pierre.

Vandag was dit inderdaad die personeel se beurt en is die fondse van die Cosmo Run 2018 gebruik om elkeen van die 82 versorgers “te versorg” met ‘n splinternuwe baadjie en bootse vir die lang ure op hulle voete en die koue nagte se versorging wat voorlê hierdie winter – ‘n geskenk van meer as R30 000!

“Hierdie mense gee hulle alles. Hulle los hulle eie gesinne en klein kindertjies vroegoggend by die huis om ander se mense te kom versorg. Dis nie altyd maklik nie. Die take is uitmergelend. Hulle het hulle eie persoonlike uitdagings, dinge wat hulle moet oorkom, finansiële bekommernis, kindermoeilikheid - kinders wat hulle dalk verloor het aan die dood en dis hoekom vandag se gebaar en waardering vir wat hulle doen so besonders is,” sê Anneliese Bothma, Bestuurder van Huis Silversig.
7 May 2019 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min