#JouMenseMyMense saam met SPAR - Juffrou Maretha Kruger

Loading player...
Toe die Woeries vanoggend 10 uur op die skool se aantreeblad bymekaar kom, het niemand geweet wat vir geliefde Juffrou Maretha Kruger (44) voorlê nie... Inteendeel, min mense het tot vandag geweet dat sy na ‘n lang dag op haar voete voor in die Duitse klas of op die sportveld waar sy Netbal, Sagtebal en Hokkie afrig, in die aand omtrent net kan lê met warmsakkies vir die pyn of dat sy op 5-jarige ouderdom al haar eerste kunsbeen gekry het en tot op hede dit elke 2 jaar moes vervang as gevolg van die slytasie op haar enkel. Jy sal dit nie sommer van haar weet nie, want in haar 22 jaar as onderwyseres het sy nog nooit toegelaat dat haar siekte haar op enige manier onderkry of terughou nie.

Die “kampstige” vergaderging waarvoor iemand haar laat kom het, het ons kans gegee om gou die leerders te vertel hoekom ons daar is en toe sy op die lang stoep voor die klaskamers aangestap kom, het die Woeries in ‘n baie emosionele oomblik soos een man vir haar opgestaan – amper asof hulle met ‘n gebaar erkenning wou gee aan hierdie juffrou wat haar lewe lank ten spyte van en te midde van haar moeilike omstandighede nog elke oggend opgestaan het om ‘n verskil te gaan maak.
14 May 2019 8AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min