Gister Se Grotes Huldeblyk aan Irene van Wyk

Loading player...
Irene van Wyk was aanvanklik bekend as die meisie wat saam met Steve Hofmeyr sing, maar het later weggebreek van hierdie titel toe sy haar eie unieke stempel op musiek begin afdruk. Alhoewel haar stem mense aan Tina Turner herinner, het sy met haar eiesoortige styl, veelsydigheid en sonderlinge vokale vermoëns haar merk gemaak, volgens Danie C. Pretorius se boek “Musieksterre”.

Haar musiekstyl strek oor ‘n mengsel van loslyf-rock, stemmige ballades en soms selfs ‘n tikkie jazz. Volgens haar mede-kunstenaars was sy altyd professioneel, maak nie saak waar sy opgetree het nie. Sy vertolk elke liedjie met emosie, deernis en energie en alhoewel sy nie meer vandag met ons is nie, fokus ons vandag op haar musiek en loopbaan.
26 May 2019 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min