
Goeienuus Vrydag 17 mei 10:30
Loading player...
Afrikaans Hoër Meisieskool en Hoërskool Waterkloof het kragte saamgespan vir GROOTfm 90.5 se #BlikkiesenBaadjies Winterprojek 2019! Bjorn Barnard, Onderhoofseun van Waterkloof in die portefeulje van lewensverryking saam met Waterkloof se onderhoofdogter, Suzaan de Villiers het verskillende skole genader om saam te werk aan die insameling vir GROOTfm se projek ten bate van Pen en Helpende Hand. Mila Grobler, Onderhoofdogter van Affies in die portefeulje liefdadigheid, saam met die onderhoofdogter vir gees, Caro Laubscher en hulle hoofdogter, Nika Grobler het op hulle beurt hulle Gee(s)week gebruik om nie net vir ons projek warm wintersklere en blikkieskos in te samel nie, maar ook vir 'n hele paar ander organisies van hondekos tot sanitêreware! Soos die span leiers van Affies vir ons sê: "Die beste manier om gees te bou in die aanloop na ons jaarlikse derby teen Oranje Meisies, is eintlik om soos een man (of vrou!) vir ander om te gee en aan te gee, wat ook al ons het om te deel!"