#JouMenseMyMense - 28 Mei 2019 - Hospitaalbesoek: Chardiney Ludick

Loading player...
Chardiney Ludick (4) het ongeveer 3 maande gelede aanvalle begin kry wat dokters aanvanklik gedink het is epileptiese aanvalle. Na verskeie toetse het hulle later bevestig dat dit deur ‘n breingewas veroorsaak word, wat vermoedelik oor die afgelope jaar gegroei het. Chardiney het begin met medikasie om te kyk wat die uitwerking op die gewas sal wees, maar toe sy laas Dinsdagoggend weer ‘n aanval by die kleuterskool kry, het dokters besluit om Saterdagoggend met ‘n noodoperasie die gewas te verwyder.

GROOTfm 90.5 het laas week uit verskillende oorde van Chardiney gehoor toe ‘n hele gemeenskap gehelp het om R55 000 binne 3 dae bymekaar te maak. Dit was die gedeelte wat die mediesefonds nie dek nie, maar betaal moes word voor Chardiney opgeneem kon word. As die dokter nie Saterdag kon opereer nie, sou hulle moes wag tot einde Julie. Die operasie het ongeveer 5 ure lank geduur en dokters kon 70% van die 4cm groot gewas suksesvol verwyder.

Ons het geweet Chardiney is nog in ICU en dat ons nie vanoggend by haar sal kan inloer nie, maar het met mamma Charné gereël dat ons net die “hoop-jy-voel-sommer-gou-gou-beter”-teddiebeer sal kom aflaai by die hospitaal. Toe dit tyd is vir die oorskakeling op lug, was die verpleegpersoneel besig om Chardiney’tjie se dreineringspyp uit te haal. Kort daarna het ‘n baie emosionele mamma Charné by ons aangesluit om haar dankbaarheid vir elke gebed, oproep, bydrae en boodskap te probeer verwoord. En toe die goeie nuus dat Chardiney’tjie na ‘n gewone saal oorgeplaas word en dat ons sommer self haar teddiebeer en gebedskussinkie vir haar kan gee! Toe die ICU deure oopswaai en ons die reuse pienk teddiebeer vir Chardiney in haar hospitaalbedjie aangee, was dit net hande wat swaai en die grootste glimlag oor hierdie nuwe en mooie maatjie!
28 May 2019 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min