#JouMenseMyMense saam met SPAR – 30 April 2019 – Huis Gracia se ma van vele

Loading player...
GROOTfm 90.5 — “Ek was ‘n nommer, ‘n bed en ‘n bord kos,” beskryf een dogter haar kinderhuis lewe voor sy by Huis Gracia, ‘n plek van veiligheid in die noorde van Pretoria kom bly het. Vir baie ander soos sy, was dit ‘n laaste uitweg en kans. Net 12 van die 82 kinders het enige kontak met enige familie, maar hier word vreemd-vir-mekaar kinders wat ook elkeen deur ‘n hofbevel met ‘n tas vol seer en verniel by die deur afgelaai is, soos boeties en sussies.

“Ons praat nooit weer oor wat agter is nie,” verduidelik huisma Trudie terwyl ons saam met haar en sus Lizet, Katie en die res van die span om die kombuistafel kuier. ‘n Groep van die kinders is ook by die huis, want die bus het nie opgedaag nie. Hulle gaan na die verste een van die 7 skole. Die res is meeste binne loopafstand van die verskillende hoër- en laerskole.

“Ons wil hê ons kinders moet sover moontlik aan alles by die skool deelneem, van sport en revue, spreekkoor en redenaars.” En hulle presteer! Hier is leiers, twee top 10 leerlinge en in 2018 het 40 van die kinders Gauteng-Noord ringbal gespeel behalwe nog die 14 wat op die ou end vir die Suid-Afrikaanse span gekies is!
30 Apr 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min