#JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na die woonstel te kom kyk. Sy kon nie mooi hoor wat Martie oor die foon probeer sê nie. As jy haar ontmoet sien jy eers net haar vriendelike gesig met oë wat lag voor jy besef haar lyf het seer. Sy het daardie dag kort na “aangename kennis” vir Ria en haar man verduidelik hoe siek sy is en hoe sy sukkel om blyplek vir haar en haar hond te kry. Dit was 6 maande gelede. Vandag voel ons saam met Martie en Flekkie tuis in hulle huisie in Villieria terwyl Ria vertel van hulle vriendskap wat vir haar ‘n daaglikse inspirasie geword het.

Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry as gevolg van geelssug. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het. Martie se balans, gehoor en spraak is aangetas. Sy is deur skoolmaats en selfs familie gespot en na haar ouers 3 weke uitmekaar aan kanker oorlede is, moes sy die lewe se uitdagings alleen trotseer.

Sy is 29 jaar gelede die eerste keer op 19 jarige ouderdom met kanker gediagnoseer: baarmoederkanker en toe die histerektomie, borskanker en toe die dubbele masektomie net om 3 weke later te hoor die kanker is terug. Later maagkanker tot waar sy die afgelope 4 jaar geen meer vaste kos kan eet nie. In 2016 het sy geval en dokters het gesê sy sal nooit weer loop nie, maar sy het opgestaan. In 2018 het die kanker na haar kliere en die res van haar liggaam versprei en verloor sy die gebruik van haar dominante hand.
23 Apr 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min