#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie
Loading player...
GROOTfm 90.5 — Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt kan bestuur, maar hy’t nie ‘n lisensie nie. Daar is nie geld om nou vir ‘n lisensie te gaan nie, maar dis ook ‘n groot rede hoekom hy sukkel om werk te kry.
Sonder Melt se inkomste het die huur elke maand ‘n bietjie agter geraak tot waar hulle moontlik nou hulle blyplek kan verloor. Drika se ma bly ook by hulle na haar pa drie jaar gelede oorlede is. Sy is ‘n diabeet en sukkel om werk, maar ook pensioen te kry. Drika en Melt se suster en broers sukkel self om kop bo water te hou en sorg boonop self vir ander familie wat ook sieklik is. Nie een van hulle is in staat om te help nie.
Hierdie beskrywing van Drika en Melt se omstandighede van sukkel, val en opstaan, foute maak, dalk selfs slegte keuses iewers tussen in, weer probeer en weer val tot waar jou briefie begin met “ek voel soos ‘n mislukking” en ‘n whatsapp profile prentjie wat lees “I give up” is verseker nie uniek tot hierdie 2 mense nie en die gevaar is dat ons vir mekaar sê: “ons kan nie hier help nie, want dis die pleidooi van hoeveel ander in ons stad…”
Ons kan verseker nie almal help nie, maar vandag het nie vir ons oor Drika en Melt gegaan nie. Dit het gegaan oor hulle 6-jarige seuntjie in Graad 1 wat ten spyte van die afgelope paar dae se skielike koue in Pretoria met ‘n kort broekie moes skool toe gaan – kaal voete moes skool toe stap. En ‘n mens wonder waar pas hierdie seuntjie se behoeftes in? Tel hy ook as een van die 80 broodjiekinders by sy skool al het sy ma ‘n werk? Want in hierdie geval is “werk” nie genoeg nie! Na die huur, water en ligte en skoolfonds betaal is, is hulle gesin reeds in die rooi. Daar is nie geld vir kos nie en daar is ook nie enige kos in hulle huis nie.