#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort

Loading player...
GROOTfm 90.5 — “Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan ander ook haar eie ‘n selfwaarde hier ontdek het. Tussen 140 en 150 mense sal vanmiddag vier uur van haar gekookte kos kom eet.
“Weerlose mense, bejaardes, enkelmammas, persone met gestremdhede en veral kinders,” is Cathy se antwoord toe ons vra wie almal genooi is vir ete elke dag. “Maar ons sal eers saam Bybel lees en bid voor ons eet, sommer so op ons skote, want ons het nie regtig genoeg plek vir almal nie.”
Cathy van Rensburg het in die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom grootgeword. Later sou sy van ‘n wendy huisie af na hierdie huis in Elandspoort verhuis waar ons vanoggend om ‘n tafeltjie in die kombuis by haar kuier. Sy vertel van die swaarkry wat sy al aan haar eie lyf gevoel het en hoekom sy in 2006 besluit het om ‘n verskil te maak. Vandag is haar eenvoudige doel eintlik nog dieselfde as 13 jaar gelede: geen kind mag ooit honger gaan slaap nie, tieners moet vir hulleself ‘n toekoms kan skep en ouers moet leer om vir hulle eie kinders te sorg.
2 Apr 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min