#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat haar goed ken sal weet, die laaste 7 jaar het aan haar lyf gevat…

Dit het begin by haar man wat sy tot die dag van sy dood in September 2012 tuis versorg het. Hy het Alzheimers gehad en nie meer geweet wie sy is nie, maar sy het alles vir hom gedoen. Vyf jaar later – ook in September, is haar oudste seun Gerhard oorlede aan ‘n hartaanval. Hy het ‘n vergrote hart gehad en ook hom het sy tuis versorg tot 2 dae voor sy dood.

Vandag woon haar twee dogters by haar. Cornel wat blind is, het haar werk verloor in 2010 en haar jonger sus, Carien is April laas jaar met ‘n aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer. Carien is ‘n gekwalifiseerde verpleegster wat self met kankerpasiënte gewerk het. Sy het aanvanklik vir die chemo-behandeling gegaan, maar dit het haar so siek gemaak dat sy besluit het om die behandeling te stop om eerder kwaliteit tyd met haar familie deur te bring. Ook hulle jongste boetie, MJ het al prostaatkanker gehad en kry epileptiese aanvalle as gevolg van die blasie op sy brein en ousus Wilna het Desember gehoor haar man se werk verplaas hulle oorsee.
26 Mar 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min