#JouMenseMyMense – 19 Februarie 2019 – Ons verras Naomi vir haar 21ste verjaarsdag!

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Naomi, Ruben en Zoey se ma is 4 jaar gelede, op 4 Februarie 2015 oorlede aan ‘n beroerte. Die drie kinders is toe in pleegsorg geplaas waar hulle vir die laaste 4 jaar gebly het. Naomi was maar 16 jaar oud en alhoewel sy self baie swaar gekry het, het sy dadelik die rol van ma en versorger ingeneem met ‘n jonger boetie en sussie wat opkyk na haar vir raad en antwoorde wat sy nie altyd het nie…

“Naomi is ‘n baie sagte mens, met ‘n goeie hart en sy wil altyd almal help waar sy kan. Haar passie is om mense te help om God te leer ken.”

Dit was die woorde van Petrus van Wyngaardt, ‘n familievriend van Naomi se oom, Phillip Olivier wat vir ons ‘n briefie gestuur het. Petrus is blind en was jare lank ‘n berader by CRC. Toe hy in Januarie met Naomi by haar oom se huis gesels, het hy besef dat sy hulp nodig het.

“Ek vra nie dat julle vir Naomi geskenke moet gee nie. Maak net haar 21ste verjaarsdag vir haar spesiaal. Dit maak eintlik nie saak wat julle vir haar doen nie - glo my sy sal dit opreg wardeer.”
19 Feb 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min