#JouMenseMyMense saam met SPAR 20 November 2018 – Ilse-marie van Huyssteen

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Vanoggend het Ilse-marie drie van haar vriendinne by Caffe Frescatti in Brooklyn Mall ontmoet. ‘n Span van 16 mense het skelm by die tafeltjies om hulle posisie ingeneem en gewag dat Su-an uit die ateljee bel. Ons wou simboliese vir Ilse-marie wys hoe vreemde mense wat van haar gehoor het, uit alle rigtings kom om te probeer help... Een vir een het hulle opgestaan en nadergestap met ‘n koevertjie in die hand en dit dan voor haar neergesit:
“Caffe Frescatti het die ontbyt vir julle geborg...”
“Ons vriende van SPAR gee graag vir jou ‘n geskenkkaart vir kruideniersware...”
“’n Anonieme borg wil graag betaal vir die herstel van jou Bakkie sodat jy hom ook kan inspan in jou besigheid of vir aflewerings vir ‘n ekstra inkomste...”
“Iemand wat omgee, skenk vir jou twee goeie tweedehandse skootrekenaars vir jou werk of besigheid en ‘n playstation vir jou kinders saam met 17 games...”
Moeggesukkel se spysenieringspan het reeds al die platters vir die begrafnis gemaak “maar,” sê Jacques Papenfus, “ons wil ook help met die herstel van jou ander voertuig sodat jy hom dalk kan verkoop om te help met van die onvoorsiene uitgawes...”
“’n Anonieme borg wil graag jou kragrekening betaal vir die volgende 3 maande...”
“En vir Dandré se kleuterskool (R4500...”
“En vir die huur van jou huis vir die volgende 3 maande (R16 200)...”
“En dan die bedrag afrond na R30 000 met ‘n verdere R4700 skenking wat jy kan gebruik hetsy vir kruideniersware of ‘n kersgeskenkie vir die kinders...”

Baie, baie dankie vir almal wat hierdie groot geskenk ter waarde van ongeveer R45 000 moontlik gemaak het en sommer net hulle arms om Ilse-marie kom gooi het sodat sy die liefde en omgee van ‘n hele gemeenskap in hierdie baie moeilike tyd, aan haar lyf kon voel...
20 Nov 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min