#JouMenseMyMense – 30 Okt 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Rachel is een van die oudste lede van @Eleos – ‘n niewinsgewende organisasie wat reeds die afgelope 20 jaar minderbevoorregte kinders en gesinne in Pretoria-Wes help. Eleos naam beteken “genade in aksie” en hulle bring genade in aksie deur verhouding te bou met mense sodat mense uiteindelik hulle self kan help. Rachel se reputasie as “nederige, diensbare, lojale planmaker” loop haar vooruit in die Booysens gemeenskap waar sy al die afgelope 16 jaar by Eleos se naskool werk. Sy het ‘n besonderse band met die jong Graad 1 en 2 kinders wie sy elke middag help met van huiswerk doen tot ‘n drukkie wat sommer alles beter maak. As daar net sprake is van ‘n moontlike verhoging vir Rachel, begin sy al klaar planne maak om ‘n sopkombuis te begin of iemand anders daarmee te kan help!

Rachel het na ‘n lang stryd van onsekerheid aan die begin van Oktober uitgevind sy het baarmoederkanker. Dis moeilik vir enige vrou om te hoor en te verwerk, maar soveel te meer as jy die ma van almal se kinders is en ook self twee seuns nog by jou in die huis het. Die een seun is 26 jaar oud en in ‘n rolstoel.

Rachel is Maandag, ‘n week te vroeg by Kalafong Hospitaal opgeneem en toe ons en ‘n paar van die vrywilligers van Eleos haar wou gaan verras, is sy ongelukkig weer onverwags geskuif. Ons was geraak deur hierdie groep vroue wat vir Rachel ‘n spesiale hospitaaltassie begin pak het met van beddegoed en ‘n stelletjie pajamas tot ‘n leesboek en joernaal om bietjie gedagtes te kan neerskryf terwyl sy aansterk in die hospitaal. Asof mens vir Rachel wat vir kinders soveel in hulle lewenstas pak, ook ‘n bietjie liefde en omgee wil inpak vir hierdie moeilike stukkie van haar reis... Saam met ons vriende van SPAR kon ons vanoggend ‘n bydrae maak vir Rachel se hospitaaltassie in die vorm van toiletware en ‘n R1000 SPAR geskenkkaart vir kruideniersware vir haar seuns by die huis. Ons bid vir jou ‘n spoedige herstel, Rachel, want die kinders van Pretoria-Wes verlang al klaar...
30 Oct 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min