
#JouMenseMyMense 16 Okt 2018
Loading player...
GROOTfm 90.5 — Elke week het Lindie die voorreg om saam met ons vriendin en kollega, Christine Henrico ons #JouMenseMyMense projek aan te pak... “Ek probeer die stories van mense met woorde vertel, maar Christine vertel boeke vol met haar prentjies. Sy het net ‘n manier om 'n oomblik vas te vang deur haar kamera se lens. Oomblikke wat eintlik maar net raakpunte van liefde is, want ons het hierdie projek geskep om liefde en omgee te gee juis as ons voel ons kan niks anders vir iemand doen of gee nie,” vertel Lindie. Dit gryp mens egter aan jou hart as jy hierdie slag met jou vriendin en kollega so 'n oomblik deel. Een waarvoor niemand regtig woorde het nie en sy ook nie 'n gepaste prentjie nie...