#JouMenseMyMense – 11 September 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Ons het vroeër vanjaar by 11 jarige Divenette Streicher se Tannie, Cherize Steyn gaan kuier toe sy ons meer vertel het van hierdie dapper vegtertjie wie se blindederm gebars het na sy aanvanklik verkeerdelik met nierpypontsteking en blaasinfeksie gediagnoseer is. Divenette was ‘n maand en ‘n half in Steve Biko voor sy danksy die bydraes van weldoeners na Kloof Hospitaal oorgeplaas is. Dokters het vasgestel dat daar bakterieë in haar maag is wat haar dik- en dunderm vreet. ‘n Stuk van haar derms moes noodgedwonge ook verwyder word en hulle kon nie die derm weer terugsit nie.

Na 3 maande in Kloof Hospitaal en haar jong lyfie 23kg verloor het so tussen deur 18 operasies, is daar nou nog een groot operasie wat vir haar voorlê aan die begin van Oktober, maar om hierdie hekkie te oorkom, werk haar familie, Tannie Cherize en Oom Hendrian, Ouma Elize en Oupa Swannies onverpoos om die R120 000 in te samel wat hulle nodig het voor Divenette opgeneem sal kan word.

Hulle was nog altyd ‘n baie hegte familie, maar “ons het mekaar se asemhaling geword deur hierdie moeilike tyd,” sê Divenette se ouma Elize. “Jy moet nog lank kuier dat ek jou van al die wonderwerke kan vertel van hierdie prinses van ons.” ‘n Vegter-prinsessie wat droom om eendag juffrou of dokter te word! Toe ons by Mamma Minette en Divenette gaan inloer het by die huis, was ouma einste daar om te help met die skoolwerk. Divenette hoop sy kan volgende jaar weer by haar maats van Laerskool Queenswood aansluit.

Baie dankie vir die pragtige beertjie, bederf pakkie en bos blomme van SPAR en as jy dalk in die posisie is om ‘n bydrae te maak, kan jy gerus vir Cherize kontak: divenette2007@gmail.com of 084 450 7933
11 Sep 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min