#JouMenseMyMense – 28 Augustus 2018 – Luitenant-Kolonel Larrie Swanepoel
Loading player...
GROOTfm 90.5 — Vir hierdie #JouMenseMyMense het ons by die Life Groenkloof Hospitaal gaan kuier waar Luitenant-Kolonel La-Rochelle Swanepoel, of in die militêre-omgewing, meer bekend as Larrie Swanepoel, weer Maandagaand 26 Augustus, opgeneem is.
Kolonel Swanepoel is al 35 jaar en 236 dae in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens – ‘n leeftyd! Die afgelope 11 jaar by Lyttleton Polisiestasie met net so een jaar tussen-in waar sy by Brooklyn Polisiestasie gedien het. Sy het die grootste gedeelte van haar loopbaan by die Finansiële Afdeling van die Polisie gewerk, asook operasioneel en dien op verskeie komitees. Sy is ‘n leier en voorloper by wie haar kollegas baie kan leer. Sy is streng, maar regverdig en het al verskeie medaljes in die Suid-Afrikaanse polisie verwerf, waarvan haar 30 jarige dienstoekenning die jongste is!
Kolonel Swanepoel was getroud, maar haar man en ook haar seun is lank gelede oorlede. Nou woon La-Rochelle (Larrie) en haar dogter, La-Rochelle en haar twee pragtige kinders (hierdie ouma se kleinkinders) Hanro en kleindogter La-Rochelle in La-Rochelle straat in Centurion.
Gedurende 2016 is sy gediagnoseer met kanker. Hierdie “kursus” het haar die afgelope 2 jaar deur veelvuldige uitdagings geneem en haar familie en kollegas voel die pyn van haar geweldige lyding saam met haar. Sommer ‘n hele groep van haar kollegas het saam met ons gaan inloer: Kaptein Elize Nel, Ds Norman Mazibuko, Annelize Truscott, Barbara van der Merwe en Johannes Zulu. En ons vriende van SPAR het gesorg vir ‘n bossie blomme vir hierdie hospitaalbesoek...