#JouMenseMyMense - #handsakvolliefde

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Altesaam 400 handsakke met 16 verskillende items is die afgelope 2 weke ingesamel vir Lynné de Jager, Menlopret Kleuterskool, Bella Tydskrif en GROOTfm 90.5 se #handsakvolliefde Vrouemaandprojek! ‘n Konserwatiewe skatting van die waarde van die pragtige handsakke met verskillende items wat van parfuum en ‘n serp, tandepasta en ‘n tandeborsel, ‘n waslap en seep, spuitgoed en roll on, lip ice en kougom en tot ‘n haarborsel, hand sanitizer en lyfroom insluit is ongeveer R350 elk, wat beteken dat verskillende vrouens, elkeen met haar eie storie en rede, binne 14 dae R140 000 se items ingesamel het! ‘n Tannie van 87 het so gou as wat sy gehoor het van die projek weggetrek en 3 snesiehouers per dag gebrei. Sy kon 24 van hulle betyds klaar maak. ‘n Ander vrou het vertel hoe die pak van haar 3 handsakke haar gehelp het om, na 2 jaar se wag en probeer, die hartseer en teleurstelling van ‘n miskraam, item vir item weg te pak…

Die eerste 100 handsakke is vanoggend tydens ‘n spesiale Vrouedag funksie by Booysens Beertjies vir die mammas en personeel van hierdie skool geskenk. Die kinders kon vir mamma help om ‘n handsak uit te kies. Een van die mammas wie so stukkie van haar seer met ons gedeel het, se 4 jarige seuntjie het sommer geweet sy mamma kort blomme en tussen al die ander sakke op die tafel, het hy die geblomde een vir haar uitgesoek.

Die boodskap, so saam met hierdie verrassing, was dat elke vrou ‘n “handsak vol wonderlike dinge” van die Here ontvang het. Dis ons werk om die items daarin te gaan ontdek en dan kreatief te gebruik om ons eie wêreld, maar ook die vaal wêreld om ons kleur en geur te gee! Jacques Jones van Monumentpark SUPERspar het vir ons 6 platters met heerlike soethappies geskenk en die Menlopret kleuters het gesorg dat elke Beertjie maatjie ook ‘n sakkie vol bederf kan huis toe vat.

Nog van die plekke waar die handsakke uitgedeel sal word, sluit in Pikanini Kleuterskool in Wolmer en die personeel van Yabana in Soshanguve, ‘n sopkombuis, in
7 Aug 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min