#JouMenseMyMense #handsakvolliefde 24 Julie 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 het op 23 Julie ons #handsakvolliefde Vrouedagprojek saam met voormalige Mev. Suid-Afrika, Lynne de Jager, Bella Tydskrif en Menlopret afgeskop. Ons maak handsakke bymekaar wat ons volmaak met “liefde” in die vorm van shampoo, ‘n sepie en ‘n waslap, tandepasta, ‘n tandeborsel en roll on en - as jy wil - dalk ‘n ekstra bietjie liefde van lip ice, kougom, sneesdoekies, ‘n haarborsel of kam en ‘n hangertjie of serp!

Ons eerste mikpunt is om 100 handsakke te pak wat ons op 7 Augustus tydens ‘n lekker koek-en-tee kuier saam met die mammas van Booysens Beertjies Kleuterskool in Pretoria-Wes sal uitdeel! Retha Ingenbleek van SPAR Northrand het sommer dadelik 100 opknappers en 100 onderarmrolle te waarde van R5000 geskenk plus Lindie Strydom het by Monumentpark Superspar gaan kyk hoeveel hierdie 10 items sal kos as jy ‘n handsak sou pak!
24 Jul 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
8 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min