#JouMenseMyMese – 03 Julie 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Na Rentia se man uitloop en haar los met twee klein kinders en ‘n hoop skuld, beland hierdie enkelmamma en haar kinders by ‘n plek vir hawelose mense. Dit was wel net ‘n tydelike stop op hulle lewenspad, want van daar af stap sy elke dag kilometers ver om ‘n vaste werk te kry en te behou om ‘n nuwe lewe vir haar en haar kinders te bou. ‘n Lewe wat onder andere vandag ‘n klein 2 slaapkamer woonstelletjie insluit. ‘n Veilige dak oor hulle kop wat haar 15 jarige dogter en 11 jarige seun met downsindroom, huis kan noem. Die pa steeds afwesig en werkloos.
Rentia verdien nie ‘n groot salaris by die petrolstasie waar sy werk nie. Sy het dalk genoeg vir wat sy sien as basiese benodighede, maar dit sal ongelukkig nie iets so basies soos ‘n stel wintersklere vir haar kinders insluit nie. Haar seun se spesiale behoeftes en versorging en die spesiale skool waar hy onderrig word, plaas ekstra druk op ‘n begroting waarvan die somme in elk geval nooit sal kan klop nie…
Sy doen alles vrou alleen sonder kla of opgee! Sy werk voltyds, sorg dat die kinders by die skole uitkom sonder haar eie vervoer en danksy haar werk wat bereid is om hulle bakkie vir haar te leen. Sorg altyd dat haar kinders iets het om te eet, al sou dit beteken dat sy self honger gaan slaap. Met baie liefde en groot toewyding, ter wille van haar kinders, ten spyte van haarself, maak sy haar kinders goed groot en sal sy nooit gaan lê nie al was en is haar omstandighede hoe swaar. Want sy bly glo en vertrou haar Skepper vir vandag se brood, maar ook more se uitkoms. Sy glo elke dag in diepe afhanklikheid dat die Here ook vir daardie dag sal sorg soos Hy gister het…
‘n GROOTfm 90.5 dankie vir ons vriende van SPAR wat Rentia en haar kinders vandag verras het met R1000 se kruideniersware!
4 Jul 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min