#JouMenseMyMense

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Annerike Heyneke (9) van Laerskool Menlopark het tydens een van die landloopwedlope waaraan sy deelgeneem het, raakgesien dat daar atlete saam met haar hardloop wat nie een tekkies het nie. Hulle het nie eers ‘n stel klere van hulle eie gehad nie en moes tussen die hardloopitems die gehawende en flenter klere uittrek om vir die volgende een aan te gee.

Dit is ‘n groep van 65 atlete van Modiba Olieven Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Hulle word deur David Modiba afgerig wat 15 jaar gelede die klub geregistreer het. Toe hulle bietjie uitvra, het David vir Annerike en haar ma, Aneli vertel dat baie van hierdie behoeftige atlete Maandag tot Vrydag elke middag getrou kom oefen net omdat hy vir hulle kos gee by die oefening.

So begin Annerike haar “Tekkie Buddies” projek om vir hierdie atlete tekkies in te samel, want sy wil sien dat hulle net so voluit kan deelneem aan die sport wat sy so geniet. Sy kon al 50 pare tekkies insamel en het by die laaste byeenkoms vir 30 atlete hulle inskrywingsfooie en vervoer betaal en ook ‘n kospakkie gegee met geld wat sy al ingesamel het.

Intussen het Annerike en 27 van David se atlete die Gauteng-Noord landloopspan gehaal wat nou Saterdag, 16 Junie, op Jeugdag in Zeerust gaan deelneem aan die Interprovinsiale byeenkoms.

Danksy ons vriende van SPAR en spesifiek Jacques van Monumentpark SuperSPAR, kon ons vanoggend vir elkeen van die atlete ‘n cool bag met padkos gee vir die naweek se reis na Zeerust ter waarde van R2800! En as deel van ons #blikkiesenbaadjies Winterprojek, kon ons, met komplimente van Christien van den Berg van Cotton dot Co, vir elkeen van David se 65 atlete ‘n splinternuwe baadjie skenk ter waarde van R14 500!

#Jeugdag #FindYourWingz
12 Jun 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min