#JouMenseMyMense saam met SPAR – 24 April 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 — Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma wat hard werk om vir haar kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Haar een dogter, Octovia, het ‘n beurs gekry en studeer hierdie jaar Skakelwese en kommunikasie deur UNISA. Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van ‘n gewapende roof toe sy met ‘n taxi gery het. Die man het ‘n mes by hom gehad waarmee hy die mense gedreig het. Hy het Octovia se laptop, selfoon en handboeke gesteel wat haar ma met hardverdiende geld vir haar gekoop het en nou is daar net eenvoudig nie geld om enige van hierdie items weer te kan vervang nie.
Een van die gesinne vir wie Maria werk, kon vir Octovia help met ‘n ou laptop, en Octovia het self ‘n duisend rand bymekaar gemaak waarmee sy so amper die helfte van haar studiemateriaal weer kon vervang. Toe ons hoor wat met haar gebeur het, was daar nog R1500 se handboeke wat sy weer moet aankoop en ook maar ‘n behoefte vir ‘n selfoon sodat sy as jong meisie in kontak kan bly met haar mense, kan kommunikeer en laat weet waar reis sy wanneer.
Danksy ons vriende van SPAR Northrand en spesifiek Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir ma Maria bederf met ‘n bietjie kruideniersware om net weer vir ‘n maand voor te kom na hulle boeke moes koop en toe weer vervang.
En vir Octovia – danksy anonieme borge, kan ons vandag R2000 gee om die laaste handboeke wat sy nodig het weer te koop EN vir ‘n selfoon!
24 Apr 2018 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min