#JouMenseMyMense - 18 Junie 2019 - Kosmos Care Centre

Loading player...
Die “Kosmos Care Centre” in Onderstepoort is al vir 27 jaar lank ‘n veilige hawe vir van bejaardes en persone met verskillende gestremdhede tot desperaat arm en behoeftige mense en selfs verslaafdes wat weer op hulle voete probeer kom. Die hoeveelheid inwoners wissel soms van dag tot dag, maar winter is verseker die besigste tyd soos mense sonder enige ander heenkome kom aanklop op soek na skuiling teen die koue en dalk ‘n warm bord kos. Van die hospitale, inrigtings, staatsinstellings en verskillende organisasies verwys ook mense wat andersins vannag in ‘n parkie, op straat of by ‘n bushalte sou slaap.

Erna Jansen van Vuuren wat die afgelope 10 jaar aan die stuur is, het by haar ouers, Katinka en Bert oorgeneem na hulle oorlede is. Sy het self drie dogters wat doof is en van daar haar passie om nie net te sorg vir ‘n dak oor iemand se kop nie, maar om verskillende werkskeppingsinisiatiewe te dryf wat veral dan vir persone met gestremdhede die waardigheid van werk laat beleef terwyl dit fondse genereer wat die lewenskwaliteit van almal hier by die Kosmos Care Centre help verbeter.
18 Jun 2019 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min