#JouMenseMyMense – 25 Junie – Just Being Marinel

Loading player...
Nelmari en IP van Niekerk is beide onderwysers. Nelmari by Hoërskool Montana en IP by Hoërskool Akasia. Hulle is in 2008 getroud en hulle pragtige dogtertjie, Marinel is in 2010 gebore. Alles het aanvanklik perfek gelyk tot op so 9 maande oud. Marinel kon nog nie sit nie en IP en Nelmari is na die Babaterapiesentrum verwys waar die terapeute hulle op ‘n paar duidelike agterstande gewys het ten opsigte van Marinel se ontwikkeling. Iets was fout, maar niemand kon regtig hulle vinger daarop sit nie.

Hulle het begin by ‘n pediatriese neuroloog waarna verskeie toetse gevolg het. Toetse is selfs weggestuur na London en België, maar alles het elke keer negatief teruggekom. Hulle is verwys na ‘n dokter wat spesialiseer in ginetika en ook na die Witssentrum vir Ginetika-studies, maar weereens was daar geen antwoorde nie.

Marinellie het begin kruip in 2014 toe sy vier jaar oud was en begin loop in 2016 op 6 jarige ouderdom. In 2017 is Marinel se boetie, Ignus gebore. Soos pappa IP sê: "Marinel was ons redding en Ignus is ons seëning".

Vandag is Marinel 9 jaar oud, maar haar breinontwikkeling is ongeveer op die vlak van ‘n 14 maande oue baba. Sy kan nie praat nie en dra volwasse doeke - Marinel is in elke opsig, emosioneel en fisies, totaal en al afhanklik van IP en Nelmari. En steeds is daar nie ‘n naam of diagnose vir Marinel nie - so IP en Nelmarie praat van “JBM Sindroom” (Just Being Marinel Syndrome).
25 Jun 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min

#Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Apr 9PM 29 min