Mandela Dag - SPAR Northrand

Loading player...
SPAR Northrand het besluit om vir Madibadag 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk vir GROOTfm90.5 se #lositbeter projek! Ons het by hulle ‘n draai gaan maak waar 'n span van 18 mense al van vroeg die oggend die telefone wit warm gebel het om seker te maak ons kan 'n hele paar leë koskaste bietjie beter los as wat ons dit gekry het... 'n Baie opwindende "telethon" en teen 10:30 het SPAR se kosspesialis en ook die dryfveer agter hierdie inisiatief, Karien Strydom, gesê hulle het reeds drie keer meer as hulle aanvanklike doelwit behaal met nog 'n hele paar winkels wat gebel moet word!
18 Jul 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2PM 32 min

#Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel…
17 May 8AM 20 min