#JouMenseMyMense - 23 Julie 2019 - Hero Lizandri Oosthuizen
Loading player...
11 jarige Lizandri Oosthuizen van Thabazimbi is tans in Steve Biko Hospitaal na sy op die 5de Julie in ‘n bad met kokende water geval het. Die ongeluk het gebeur op die plaas waar sy en haar ma, Chantell bly. Sy het op die rand gesit terwyl sy ‘n bad getap het en toe sy oorleun om die kraan toe te maak, het sy haar balans verloor en ingeval.
Chantell is ‘n enkelmamma wat nie ‘n mediesefonds het nie en nog werk soek na haar man en Lizandri se pappa skielik oorlede is aan ‘n hartaanval in Desember 2016.
Lizandri het 1ste tot 3de graadse brandwonde aan 45% van haar lyfie opgedoen. Haar lae rug veral het baie seer gebrand wat dit geweldig pynlik en ongemaklik maak om te lê. Dokters het bevestig dat sy ‘n veloorplanting sal moet kry. Mamma Chantell benodig fondse vir Lizandri se behandeling, medikasie en ook hulp met vervoer en verblyf terwyl sy in Pretoria moet bly om naby Lizandri te wees. Ons het by Mamma Chantell by die hospitaal gaan kuier om sommer net ‘n koppie koffie en bietjie goeie nuus met haar te deel... ‘n GROOTfm dankie aan SPAR Northrand en Capital Singers wat hierdie geskenk moontlik gemaak het!
https://web.facebook.com/Lizandri-Oosthuizen-gebed-en-fondsinsameling-2510923685596576/?ref=br_rs
Johan Walker Prokureurs
Trust Rekening
FNB
Rek no. 62295210331
Tak 250655
Verw. JW 2173