#JouMenseMyMense 13 Augustus 2019 – Nikita se “karretjie”
Loading player...
Nikita is 32 jaar oud en sy kom van Pretoria-Wes. Sy is gebore as ‘n dipleeg, met gevoel in haar lyf, maar sy kan nie loop nie. Sy is in ‘n rolstoel en geheel en al afhanklik van ander mense om oor die weg te kom. Haar ouers is geskei en nie in staat om haar te kan help nie. Sy het nie ‘n kar nie en ry met haar gewone rolstoel deur die strate van Pretoria-Wes, soms tot 5km op ‘n dag om van ‘n brood te gaan koop of om een keer ‘n maand by haar 9-jarige dogtertjie wat in pleegsorg is, te gaan kuier.
“Sy kry net te swaar,” het een van haar vriendinne wat self ‘n kospakkie by Eleos kry al opgemerk, maar ten spyte van haar swaarkry en uitdagings, gaan jy sukkel om ‘n meer blymoedige en dankbare mens as Nikita te kry. Dankbaar vir haar SASSA toelaag waarmee sy haar huur kan betaal, dankbaar vir Eleos se kospakkie en in besonder dankbaar vir die vrouens wat sy die afgelope 5 jaar by Eleos se Agape Bybelstudie groep ontmoet het wat haar met soveel liefde en omgee ondersteun