GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 20 Augustus

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita oor: > Mediese vasvrae: Wat is die naam van die fobie wat die intense vrees vir bloed beskryf? > Venita gesels met Prof Oppel Greef om te gesels oor die SA Noodhulpliga se 90ste verjaarsdag > Fisioterapeut Melinda Marais kom gesels met Venita oor…
20 Aug 21 min

#GROOTtrauma - 13 Augustus

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Elrica (in vir Venita) en Dr. Jaco van Niekerk oor: > Mediese vasvrae: Watter orgaan het 'n linker- en regterhelfde wat verskillende funksies verrig? > Protesaksie deur Operasie Dudula ontwrig gesondheidsdienste > Chikungunya virus versprei deur muskiete > Maak ons te veel staat op AI…
13 Aug 37 min

#GROOTtrauma - 6 Augustus

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter orgaan in die menslike liggaam maak die "lub-dub"-klank? >Nuwe tydelike ongevalle-afdeling in Nasionale Distrikshospitaal in Bloem geopen. >Justin Timberlake se Diagnose van Lyme-siekte. >Hik is iets wat almal al ervaar, maar wat gebeur eintlik in…
6 Aug 40 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Zoé 28 Julie

Dit was 'n absolute FEES in die ateljee met Zoé op #WeeksdaeVibeMetVenita. Haar nuutste enkelsnit het viral gegaan op TikTok en ons kan 100% verstaan hoekom. Insecure Meisies is nie net 'n 'anthem' nie, maar jou 'go-to' karaoke TREFFER tot die einde van die jaar!
28 Jul 29 min

#GROOTtrauma - 30 Julie

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Wat is die naam van die tweede grootste been in die liggaam? >Nuwe A-pokke inentings-veldtog van stapel gestuur. >Die gebruik van byegif as kankerbehandeling. >World Breastfeeding Week begin Vrydag >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
30 Jul 42 min