GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 23 September

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Pierre Nel (in die plek van Dr Jaco) oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou vingers bevat geen spiere nie. >MIGRAINE AWARENESS WEEK: MIGRAINE IS NIE NET ’N HOOFPYN NIE >FANCONI-ANEMIE: Robin en Jolandie Lewis kom deel hull getuienis…
23 Sep 46 min

GROOTtrauma | 16 September

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter deel van die brein is hoofsaaklik verantwoordelik vir balans en koördinasie? >Kan plastiekverpakking jou bloedsuiker beïnvloed? >Billie Joel kry ’n brein shunt >Jou derm is meer as net ’n plek waar kos verteer word…
16 Sep 43 min

#GROOTtrauma | 9 September 

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou dermgesondheid kan jou bui beïnvloed? >Tweedehandse rook: 1,7 miljoen mense sterf sonder om self te rook >Wêreld-Alzheimermaand - Gesprek met Dr Margo de Kooker >Waarna kyk dokters gedurende 'n dimensietoets >Dr…
9 Sep 44 min

#GROOTtrauma | 2 September 

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Hoe raak mens ontslae van vervalde of ongebruikte medisyne? >Hoekom sien ons skielik soveel kinder-siektes in Pretoria? >Dr Pierre Nel gesels oor die veld van onkologie en Oscar Chelusky se nuwe kanker behandeling >Dr Jaco…
2 Sep 43 min

#GROOTtrauma | 26 Augustus 

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - WAAR OF ONWAAR: Jy is langer in die oggend as in die aand. >Kan ’n artritis-middel alopecia areata behandel? >Jou oë as ’n venster na jou gesondheid >Dr Jaco se wenk vir die week
26 Aug 46 min