
Melissa Massyn 'n jong dromer met groot planne
Loading player...
Kykers het haar aanvanklik leer ken as die klein snip Susan in die rolprent Hoofmeisie en kort daarna as die tienermeisie Katie in die TV-dramareeks Erfsondes. Maar Melissa Massyn (21) het intussen behoorlik haar skoolskoene ontgroei en is hard aan die werk om haar merk in die Afrikaanse vermaakbedryf te maak.