#JouMenseMyMense – Jessica Liebenberg – 1 Okt 2019

Loading player...
In Mei 2019 is ‘n biopsie gedoen op ‘n groeisel op 36-jarige Jessica Liebenberg se rug. Die chirurg het bevestig dat dit ‘n kwaadaardige melanoom is en aanbeveel dat hulle ‘n groter gedeelte van die tumor uitsny en dan ‘n middel in haar limf spuit wat bepaal of die kanker versprei het.

Jessica se werksituasie was onseker in daardie tyd en die eerste kwotasie wat hulle gekry het was meer as R40 000. Jessica is deur Cansa na Triomfkliniek in Pretoria-Wes verwys en daar het Dr Meyer haar dienste aangebied. Hulle moes net self vir die hospitaal en nucleur medisyne betaal wat ‘n bedrag van ongeveer R10 000 was.

Jessica se tannie, Sylvia het dadelik die dringendheid van die volgende operasie besef. Sy het die familie begin bymekaar maak en ook vir ons ‘n briefie gestuur met ‘n verduideliking van Clarke level 4 en ‘n versoek of ons nie asseblief kan help met die uitstaande bedrag nie. Die familie het in daardie stadium al R4000 bymekaar gemaak, maar daar was nog ‘n stewige bedrag uitstaande.

Jessica het Donderdag 26 September gehoor dat die operasie Dinsdag 1 Oktober by Pretoria-Oos hospitaal sal wees en ons hart was toe om daardie oggend by Jessica in te loer en dan die balans wat nog uitstaande was te betaal, maar teen die Maandagmiddag 16:00 het nog twee familielede ingespring om die laaste gedeelte te skenk.

Ons kon Jessica darem so vinnig voor haar operasie sien en ‘n geskenkkaart van SPAR saam met ‘n Faith Durie gebedskussing vir haar gee om haar vir altyd te herinner aan ‘n gemeenskap se omgee. Haar man, Chris het namens hulle gesin en ook hulle twee kinders, ‘n 13-jarige dogter en 8-jarige seun dankie gesê vir almal wat gehelp het. En toe het hulle beide se opregte dankbaarheid vir die R5000 bydrae van Capital Singers, ons almal met ‘n ou groot knop in die keel gelaat... Ons kan almal Chris se woorde beaam: “Daar is nog soveel goeie mense…”
1 Oct 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min