#JouMenseMyMense - Alida - 29 Oktober 2019

Loading player...
Toe Alida (46) saam met haar kollega by die huis waar sy ‘n buitekamer huur, stop, het sy dadelik die gesigte van die GROOTfm span wat op die sypaadjie vir haar wag, herken. Sy bly eers ‘n rukkie in die kar sit en dan loop die trane soos sy uitklim en nog een van haar kollegas sien nader stap.

“Hulle het vir my ‘n kans gegee,” sê Alida dankbaar van hierdie twee mense saam met wie sy die laaste 3 maande werk. En hulle het nie net haar kollegas geword nie, maar ‘n ondersteunende familie wat graag wil sien dat sy weer op haar voete kom.

Alida was 12 jaar lank verloof aan die pa van haar 10-jarige dogtertjie. Toe hulle verhouding verbrokkel weens finansiële omstandighede het hulle saam besluit dat die dogtertjie by haar pa sal bly. “Sy was gelukkig in die skool en haar pa het ‘n kar, huis en salaris gehad om vir haar te kan sorg. Ons was nie getroud nie so ek kon niks van hom vra nie. Ek het uitgestap met die klere aan my lyf, ‘n paar borde en ‘n pan.” Alida het by haar ma (70) in ‘n karavaan naby Hartebeespoort gaan bly.

Sy het ook ‘n seun (21) wat geweldig sukkel met sy emosionele gesondheid. Hy het ondere andere maniese depressie en was tot ‘n maand gelede vir 6 maande lank vir spesiale behandeling.

Alida het besluit om nader te trek aan waar haar dogtertjie is. “Ek kan nie vir iemand die pyn beskryf nie. Ek mis uit op soveel dinge! Ek het haar nie gelos nie. Ek kon haar net nie wegvat van haar skool en maatjies nie.”

Alida en haar seun bly tans in hierdie buitekamer met ‘n stort en toilet, twee-plaat stofie en een pot. Ons sien die dun matrassie op die grond toe ons die kruideniersware van SPAR vir haar help indra. Almal kry oor en oor ‘n dankie-drukkie. “Ek betaal nog af aan die deposito en probeer steeds my ma ook help, so kos gewys het ek nie veel gehad nie...” Omdat sy nie ‘n yskas het nie en dag vir dag kos moet koop, werk dit haar ook duurder uit. Sy loop kafee toe om melk te koop, maar die volgende dag is dit af.
29 Oct 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min