JouMenseMyMense saam met SPAR – Elnye Potgieter, 5 Februarie 2020
Loading player...
Elnye Potgieter (8) is in 2016 met Ollier Beensiekte gediagnoseer. Reeds op 5-jarige ouderdom is haar linkervoet geamputeer. Vandag is sy die trotse eienaar van ‘n pienk prostese wat haar help om bietjie meer normaal te funksioneer as ‘n dogtertjie wat graag skool net so voluit soos haar maats by Laerskool Queenswood wil geniet. Sy het einste ons oog gevang toe ons ‘n video sien van hoe sy die naellope by die skool se Huissport eers met haar kruke en toe later met haar pienk been hardloop.
Elnye het steeds Ollier siekte in die gedeelte van haar linkerbeen wat oor is asook haar linker pelvis been. Daar lê nog ‘n hele paar operasies vir haar voor en ongelukkig is daar geen einde regtig in sig nie, want die dokter reken sy sal met hierdie siekte saam leef nog tot in haar 30's.
Ons span wou vir Elnye by haar klas by Laerskool Queenswood gaan verras om haar 8ste verjaarsdag te vier, maar toe ook om haar sterkte toe te wens vir die operasie wat die Maandagoggend sou wees. Met ‘n teddiebeer omtrent so groot soos wat sy is en die skool se gelukbringer, ‘n SPAR geskenkkaart en koek vir haar maats en pienk balonne en ‘n sak vol prinsesse het ons saam met haar ma, Elmarie by niksvermoedende Elnye se klas ingestap... Danksy ons vriende van Capital Singers kon ons ook die spesiale rolstoel wat sy na afloop van die operasie nodig het om weer terug te kan gaan skool toe, vir die gesin skenk!
Ons is dankbaar haar operasie het goed afgeloop, maar bly gerus op hoogte van hoe dit met haar gaan en ook hoe jy ‘n bydrae kan maak by:
https://www.facebook.com/ElnyePotgieter.OllierDisease/