
Boekvoorlesing: 'Offers vir die vlieë' deur Fanie Viljoen
Loading player...
Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Offers vir die vlieë is 'n distopiese jongvolwasseverhaal wat temas soos brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit, aanspreek. Viljoen lees uit die manuskrip voor. Die boek word in September 2020 deur Lapa Uitgewers uitgegee.