Boekvoorlesing: 'Offers vir die vlieë' deur Fanie Viljoen

Loading player...
Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Offers vir die vlieë is 'n distopiese jongvolwasseverhaal wat temas soos brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit, aanspreek. Viljoen lees uit die manuskrip voor. Die boek word in September 2020 deur Lapa Uitgewers uitgegee.
28 Feb 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album

“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons…
5 Jun 8 min

Carley se musiek word saam met haar groot 

Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het.
5 Jun 8 min

‘Ouers, onderwysers moet in vennootskap werk’

Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee.
5 Jun 35 min