#JouMenseMyMense – Inkleurboeke en kryte vir kinders in Steve Biko Hospitaal – 8 April 2020
Loading player...
Op Wêreldgesondheidsdag het ons gesondsheidswerkers se onselfsugtige en opofferende bydraes gevier as vegters in die voorste linie teen die covid-19 virus. Een so ‘n werker, 24-jarige dokter Wilmé Steyn, het nog iets in ons hart geïnspireer. Sy dien tans in Pediatrie by Baragwanath Hospitaal in Soweto. Sy het ‘n aangrypende brief geskryf wat op Netwerk24 gepubliseer is, maar toe ook op haar Facebook iets gedeel wat ons aan die dink gesit het.
Meeste van die kinders met wie sy werk het regtig nie veel nie en van hulle bly op die ou end baie lank in die hospitaal – ‘n plek wat maar eensaam en vervelig kan wees vir ‘n woelige kleuter, veral as dit maande raak en jou ouers nie die taxi kan bekostig om elke dag vir jou te kom kuier nie. Haar versoek was dat sy graag vir die kinders hulle tyd in die hospitaal so bietjie wou ophelder met dalk ‘n speelding of ‘n inkleurboek.
Dr. Ané Büchner, een van die Pediaters in die Kinderonkologie afdeling by Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria het die behoefte hier in ons eie emeenskap bevestig en as ‘n gebaar het ons toe namens GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense-projek inkleurboeke en kryte bymekaar gekry wat hopelik ‘n kind se tyd in ‘n koue en vaal hospitaal so bietjie beter sal maak...