#JouMenseMyMense – Versorg die versorgers, 29 April 2020
Loading player...
GROOTfm 90.5 het ‘n hart vir ons stad en land, maar ons mandaat as ‘n radiostasie lyk bietjie anders as dié van ‘n welsyn- of maatskaplike organisasie. Ons hulpverlening kan ‘n bydrae maak, maar ons glo verhouding verander lewens. Die liefde en ondersteuning van ‘n omgee-gemeenskap waarvan jy deel is en waar jy kan behoort – die pad wat iemand elke dag saam met jou stap - is wat die ware langtermyn-impak in iemand se lewe maak.
Met Werkersdag in ons gedagte, sê ons saam met projekleiers van Helpende Hand, PEN, die Universiteit van Pretoria en SA Cares for Life “dankie” vir die werk van hierdie “stap-die-pad-werkers” en dienswerkers, ons vrywilligers en eintlik elkeen wat iewers in ‘n versorgingsrol dien.