
#JouMenseMyMense – 13 Mei 2020 – Die sinergie, saamspan en samewerking van kerke, besighede, NPO’s en skole
Loading player...
Oral oor ons stad is kerke, besighede, niewinsgewende organisasies en skole besig om as een groot gemeenskap kragte saam te span en sien ons prakties die beginsel van sinergie: waar die geheel en die totale impak groter is as die som van die aparte dele – van elkeen wat op sy eie ietsie probeer doen. Ons gesels met kerkleier, Willem Badenhorst en die voorsitter van die Pretoria-Wes Gemeenskapsforum, Johan Cloete oor die gedeelde las wat ligter is as die liggaam van Christus saam werk. Francois Schoombee van kerksondermure en die skoolhoof van Laerskool Saamspan, Marius van Niekerk vertel van die inisiatiewe in hulle gemeenskap en hoe kerke van verskillende denominasies, organisasies en gesinne wat self sente draai kragte saam span om seker te maak niemand ly honger nie.