JouMenseMyMense saam met SPAR – LIG Kinderbediening, 17 Junie 2020
Loading player...
LIG Kinderbediening is ‘n interkerklike nie-winsgewende organisaise wat in 2008 ontstaan het toe hulle bewus geraak het van die geestelike nood onder veral die Afrikaansprekende gemeenskap van Pretoria-Wes. Tydens die aanbieding van hulle Bybelklub wat spoedig tot 9 klubs gegroei het en ook by die kampe wat deur honderde kinders bygewoon is, het hulle mettertyd besef hoeveel van hulle kinders ook meer as net geestelike insette nodig het.
Ontwikkelingsagterstande as gevolg van hierdie kinders se moeilike omstandighede het die span genoodsaak om wyer te kyk en ook betrokke te raak by kinders se emosionele gesondheid en welstand. Dit het ‘n groot invloed op hulle skoolprestasies en of hulle uiteindelik hulle volle God-gegewe potensiaal sal kan bereik.
Daar is baie gebid en beplan en weer gebid en in 2017 danksy ‘n donateur, het die LIG Terapiesentrum tot stand gekom met onder andere opvoedkundige en terapeutiese programme, ouerleiding vir die mammas, ‘n kuierklub vir tieners en baie ander aktiwiteite. Dis einste hier by die Terapiehuis in Danvillie waar Lindie Strydom met die uitvoerende hoof van LIG Kinderbediening, Louise Rossouw gesels het oor hoe die kinders, maar ook die gesinne waarvan hulle deel is en waarby hulle betrokke is se behoeftes verander het in hierdie tyd.