JouMenseMyMense saam met SPAR – Juan Nel, 1 Julie 2020
Loading player...
Juan Nel het voorheen as ‘n kelner by ‘n restaurant gewerk wat intussen as gevolg van die impak van lockdown hulle deure moes sluit. Al die personeel het hulle werk verloor. Juan het besef hy gaan ‘n plan moet maak en het begin vetkoeke bak. Sy ouma, wat self koekies en beskuit bak om haar inkomste aan te vul, het vir Juan ‘n braaipan gegee en sy eerste bestanddele gekoop en binne 2 weke het hy genoeg geld verdien om ‘n gedeelte van hulle huur te betaal en om ‘n tweedehandse vrieskassie te koop.
Ons het by Juan en sy seuntjie Le Roux gaan kuier waar hulle woon - ‘n enkel garage wat in n tuinwoonstelletjie omskep is en in die hoek – ‘n blad met die braaipan waar daar vetkoeke gebak word met ‘n motto van: “Begin klein, eindig groot.”
‘n Ma en dogter het laas week by GROOTfm ingestap met ‘n skenking van kruideniersware wat ons vir hierdie gesin kon gee saam met ‘n geskenkkaart van SPAR as ‘n belegging in Juan se besigheid. Ma Amanda se briefie het gesê: “Ek is maar net ‘n ma wat so graag my seun wil help om sy droom van ‘n vetkoek-besigheid waar te maak.” ‘n Droom wat dalk klein begin het, maar met jou hulp groot kan eindig...