#JouMenseMyMense saam met SPAR – Marco se Koeksisters - 11 Augustus 2020
Loading player...
Marco Swanepoel het vir 10 jaar lank as voorman in konstruksie gewerk voor hy 3 jaar gelede afgelê is. Hulle het alles verloor en moes van vooraf begin... Hy het hierdie jaar op ‘n tydelike basis vir sy sussie begin werk, maar nou trek haar besigheid swaar as gevolg van die inperking en boonop werk Marco se vrou, Cindy by ‘n kleuterskool en kry ook net ‘n UIF bydrae in hierdie stadium.
En so besluit Marco, Cindy en al drie hulle kinders – Marcelle (8), Sasha-Lee (10) en Caitlin (12) om koeksisters te begin bak vir ‘n inkomste – einste sy dogtertjies wat hom die deeg leer vleg het, want hulle gesin se motto is: “Ons doen alles saam!”
Ongeveer 300 dosyn koeksisters en ook 4 geure beskuit later, droom Marco nou van sy eie tuisnywerheid en ‘n besigheid wat hy vir sy gesin kan opbou, want soos hy sy eie sterkpunt beskryf: “Ek gee nie sommer op nie.”