Twee mans nog gesoek na Heidelvallei skietery
Loading player...
Twee verdagtes moet Vrydag in die hof verskyn, in verband met ‘n skietery by Heidelvallei vanoggend.
Skote is afgevuur tussen ‘n gemeenskapslid, sekerheidsmaatskappy en vier verdagtes wat met ‘n inbraak in die area verbind word.
Volgens brigadier Leonard Hlathi is ‘n verdagte wat geskiet is, onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die ander een is in hegtenis geneem toe die mans probeer vlug het.
Twee verdagtes het te voet weggekom. Vuurwapens en ‘n gesteelde voertuig is teruggevind.